Plaastafel voldoen aan die  bepalings van regulasies 5 en 6 gemaak deur die regering, kennisgewing no 638 van 22 Junie 2018 ten opsigte van voorbereiding, verpakking en verwerking van voedsel.  Sertifikaat No: WDM BWS 080

Shopping Cart (0)

Plaastafel

Smake van ouds

Welkom by Plaastafel

...jou bron vir

suiwer, voedsame,

plaas-tot-tafel goedere.

 

Hier is elke hap 'n reis na gekoesterde herinneringe, met liefde en sorg voorberei in die plaaskombuis,

net soos in die goeie ou dae.

Sluit by ons aan en geniet die

smake van vroeër, waar

elke besoek soos tuiskoms voel. 

op die tafel

Hoekom ons kies?

• Geen MSG 
• Geen kunsmatige preserveermiddels of -kleurmiddels
  • GMO-vrye steengemaalde meel in al ons produkte

By Plaastafel bring ek die varsheid en gesondheid van plaas na jou tafel, saam met die nostalgiese smake wat jou terugneem na jou kinderdae. Ons is trots daarop om 'n verskeidenheid tuisgemaakte produkte met jou te deel, insluitend plaasbotter, voorafgebakte pizza basisse, suurdeeg brode, 'n verskeidenheid van sop poeier, bêre-mengsels, handgemaakte gedroogte pasta en vele meer. Al ons produkte word met die hand gemaak op klein skaal, van die beste rou bestandele, vry van preserveermiddels en kunsmatige kleure, wat verseker dat jy die suiwerste en mees smaakvolle items geniet. Ons streef daarna om vir jou gerieflike, gesonde etes op jou tafel te sit sonder om die bank te breek. Ontdek die outentieke smaak van ons produkte en bederf jou gesin met gesonde, smaaklike kos wat herinner aan eenvoudiger, gelukkiger dae.

Produkte in die kollig

Pasta

Ons gebruik net natuurlike bestandele, ryk aan voedingstowwe, wat ons pasta nie net lekker maak nie, maar ook gesond.

Konfyt & Marmelade

Ons gebruik net hoë kwaliteit vrugte om 'n intense en natuurlike vrugtesmaak te bied.100% natuurlik en vol vitamiene en minerale. 

Pizza Basisse

Heerlik,knapperige en ligte kors, voorafgebak en dadelik gevries om die varsheid en kwaliteit te behou. Outentieke smaak uit Italië. 

Plaas botter

Gegeurde botter is 'n luukse toevoeging tot enige maaltyd. Gemaak van vars, volroom plaasbotter en gegeur met natuurlike bestandele.

Droë Mengsels

Van sop poeiers en skons mengsel tot luukse warm sjokolade en cuppachino. Ryk en troosvolle geur wat jou tuis sal laat voel.

Vars Gebak 

Elke gebak is liefdevol geskep met die suiwerste bestandele om top kwaliteit en outentieke smake na jou tafel te bring. 

ONS KOOP JOU BOTTELS TERUG

Ons koop glasbottels terug teen R4 'n bottel mits dit in goeie kondisie is. Ons sal dit optel met elke aflewering en vir jou 'n koopbewys uitreik wat jy met jou volgende aankope kan gebruik.

Plaastafel poog om die gebruik van nie-herbruikbare plastiekverpakking te verminder en ons hergebruik toepaslike verpakking waar moontlik.

Soms is die gebruik van plastiekverpakking die enigste manier om die produkte te bewaar, so ons moedig jou aan om asseblief te probeer om die plastiekritssakke in jou huis te was en te hergebruik.