Plaastafel voldoen aan die bepalings van regulasies 5 en 6 gemaak deur die regering, kennisgewing no 638 van 22 Junie 2018 ten opsigte van voorbereiding, verpakking en verwerking van voedsel. Sertifikaat No: WDM BWS 080
Welkom by Plaastafel se grootmaat afdeling. By Plaastafel verstaan ons dat die regte bestandele 'n verskil maak in die sukses van jou restaurant, spysenieringsdiens, of spesiale geleentheid. Ons bied 'n verskeidenheid van ons tuisgemaakte, gesonde produkte aan teen spesiale pryse, spesifiek vir restaurante, spyseniers, funksie organiseerders en winkels.
Grootmaat-verkope: Alle produkte op ons webwerf is beskikbaar in grootmaat, wat jou toelaat om op kwaliteit te spaar sonder om in te boet op gesondheid en smaak.
Spesiale Pryse: Ons bied 'n spesiale afslag op ons grootmaat bestellings om jou kostes laag te hou terwyl jy steeds die beste vir jou kliënte op die tafel sit.
Toets Bokse: Probeer ons produkte voordat jy groot bestel met 'n toets boks. Ontdek die geure en kwaliteit wat jou geleentheid of besigheid na die volgende vlak sal neem.
Spesiale Bestellings: Ons is trots daarop om aan spesiale bestellings te voldoen -of dit nou 'n unieke resep is of 'n spesifieke produk wat jy benodig. Laat ons weet wat jy in gedagte het en ons sal ons bes doen om dit vir jou te skep.
Souse & Smere
Konfyt & Marmelades
Brode & Steengemaalde meel
Pasta & Pizza Basisse
Kruie & Speserye
Koekies & Beskuit


...jou bron vir
suiwer, voedsame,
plaas-tot-tafel goedere.
Hier is elke hap 'n reis na gekoesterde herinneringe, met liefde en sorg voorberei in die plaaskombuis,
net soos in die goeie ou dae.
Sluit by ons aan en geniet die
smake van vroeër, waar
elke besoek soos tuiskoms voel.


Ons gebruik net natuurlike bestandele, ryk aan voedingstowwe, wat ons pasta nie net lekker maak nie, maar ook gesond.

Ons gebruik net hoë kwaliteit vrugte om 'n intense en natuurlike vrugtesmaak te bied.100% natuurlik en vol vitamiene en minerale.

Heerlik,knapperige en ligte kors, voorafgebak en dadelik gevries om die varsheid en kwaliteit te behou. Outentieke smaak uit Italië.

Gegeurde botter is 'n luukse toevoeging tot enige maaltyd. Gemaak van vars, volroom plaasbotter en gegeur met natuurlike bestandele.

Van sop poeiers en skons mengsel tot luukse warm sjokolade en cuppachino. Ryk en troosvolle geur wat jou tuis sal laat voel.

Elke gebak is liefdevol geskep met die suiwerste bestandele om top kwaliteit en outentieke smake na jou tafel te bring.
Ons koop glasbottels terug teen R4 'n bottel mits dit in goeie kondisie is. Ons sal dit optel met elke aflewering en vir jou 'n koopbewys uitreik wat jy met jou volgende aankope kan gebruik.
Plaastafel poog om die gebruik van nie-herbruikbare plastiekverpakking te verminder en ons hergebruik toepaslike verpakking waar moontlik.
Soms is die gebruik van plastiekverpakking die enigste manier om die produkte te bewaar, so ons moedig jou aan om asseblief te probeer om die plastiekritssakke in jou huis te was en te hergebruik.